Get Adobe Flash player

HOSA/VOSA

Hike –because nature cures.
Hiking families unite in nature.
Hiking in nature nourishes health.

Word gesond in die natuur deur meer te stap.
Voetslaan/stap is gemaklike oefeninge in die natuur, terwyl jy dit ook geniet.

Riglyne vir Visrivier Stap

Riglyne vir Visrivier Stap

1. Algemeen.

Ses dae is die gemaklikste tydperk om gerieflik te stap en word sterk aanbeveel of vyf volle dae.

'n Tent nie nodig nie, maar as jy wil en kan net vir Mei maand.

Neem verkieslik een persoon in jou groep saam, wat genoegsame Canyon stap ondervinding het.

Leer om met 'n stapstok te stap. Dit help vir honderd en een dinge.

 

2. Sak pak:

Moenie asseblief nie swaar dra nie, dis onnodig.

Moenie onnodige goed saam dra nie, dit gaan jou ervaring net soveel lekkerder maak.

Mens kan met baie min oorleef en dit nog geniet. When in doubt – leave out

Geen skoonheidsmiddels, jys nie op 'n mode parade nie.

Verpak noodsaaklikhede in klein houers en hoeveelhede – onthou jy gaan net 12 keer tande borsel. So vat 'n gebruikte buisie tandepasta met slegs 'n kwart van die inhoud oor, saam.

Vrouens julle gaan 'n maksimum van 5x maal hare was !, gebruik bio- afbreekbare sjampoe en seep.

As jou sak dan lig is, kan jy selfs 'n liggewig, kompakte, (as jy wil) 'n sambreel saam dra, as jy probleme met sonbrand het, veral Mei en later in Augustus maand. Raar maar waar.

 

3. Fiksheid: maak nie saak wie wat sê nie dis beter en nodig!

 

(a) As jy fiks is sal jy die stap meer geniet.

(b) en om nie 'n oorlas vir ander te wees nie, of om jou groep op te hou nie.

(c) met fiksheid kan jy beserings , noodtoestande beter hanteer en indien nodig ander beseerde stappers bystaan.

 

4. Handige wenke en waarskuwings:

 

Moenie rommel strooi nie – wat jy indra moet jy uitdra

Vrouens moet nooit alleen loop nie, bly altyd in groepe van 3, want bobbejane kan jou aanval. Hulle het al probeer om 2 persone wat alleen loop te pla.

Bly by die rivier want dit kom by Ai-Ais uit.

Moenie kort paaie vat as jy nie weet of dit wel een is nie.

Moenie die Vis aanpak as jy griep het, veral met gepaartgaande hart probleme. Vier persone is al so dood !.

Die eerste 2 dae tot by die Swaelbron (15km van begin) is die indrukwekkendste en moeilikste gedeelte van die Canyon, dit moet verkieslik nie afgejaag word nie.

As jy agter raak en moet inhaal, begin met sonop stap tot later in die middae en eet liewers ontbyt langs die pad.

Braaivleis is lekker om te eet in die Vis, maar hou porsies klein vir gewigs onthalwe, kan selfs vir 2de of 3de aand reg wees as lugdig verpak is.

Afhangende van die grootte van die groep, kan 3 tot 4 brikette (per persoon) in 'n ziplock sakkie ingedra word – onthou net 'n stukkie blits ook – is noodsaaklik vir die eerste aand, want daar is nie hout aan begin nie.-

'n 30 x 50cm ogiesdraad of dukker draad is voldoende vir 'n braai rooster want

dit is lig en kan en moet uitgedra word

Vuurmaak hout is eers volop en redelik beskikbaar so 4km voor die Swaelbron, met ander woorde omtrent 1 km voor die nooduitgang, daarna is hout baie meer beskikbaar.

Hout moet soms ver van padjie af langs die rivier opgetel word. Partykeer om die lang draaie tot 200m van die stap padjie af – 'n oop hout vuur in die Skeurvallei is net iets besonders, om in die aande in die Visrivier tyd mee te verwyl en te geniet.

Indien jy voggies indra gooi dit oor in 500ml plastiese bottles, want dit is maklik verpakbaar en 30x ligter as glasbottels.

Na jou OBIES in die houer gegooi is, los dit vir 10-15 min en jy sal vind dat dit baie kouer is, omdat die alkohol verdamp en dit laat afkoel. Raar maar waar.

Bêre jou voggies die volgende oggend, nadat jy dit die vorige nag buite gelos het, om af te koel in die middel van jou slaapsak (maak net seker die houer lek nie),

en jy kan dalk vir middagete 'n koue blikkie drink.

Blikkies moet plat gekap word na die inhoud uitgehaal is en ook uit gedra word – en asb nie in die vuur gegooi word nie, want dit verbrand beslis nie !

Indien jy by die klip stapel vir Hugo verby loop ( 47km merk) en die twee kort paaie wil stap, moenie links loop nie, 500m verder op die sandpad met baie spore nie, maar bly langs die rivier en mik vir die swart kranse aan die regterkant onder die sandsteen rotes, dit is waar die kortpad is.

Moet asb nie jou afval of gemors by die wit gebou ( Pienk Paleis) na die laagwater brug los nie, dra dit liewers die laaste 15km na Ai-Ais

As jy gedruk is vir tyd en wil 'n effens steiler kortpad na 800m na die wit gebou (Pienk Paleis) neem, net voor jy die rivier bereik en regs draai, kyk op en jy sal die paadjie aan die oorkant van die rivier teen 'n koppie sien uitgaan (omtrent net minder as 2km korter pad)

Neem elke 90 minute 'n rus en lawe jou voete in die koue rivier water, dit verrig wondere en gee jou geleentheid om sand uit jou skoene te skud, wat gewoonlik die oorsaak van blasé/blare kan wees.

Verkieslik moet alles in Zip lock/plastiese sakke verpak word, (nie spesiale vervaardigde, "fancy" swaar seil material houers nie. Dit is ook ligter en makliker om te dra.

As jy op sand by rotse slaap let op vir muis spore en strooi dan die gebreekte stukkies van 1x provita om hulle besig te hou, sodat hulle nie deur jou sak knaag om dalk jou kos in die hande te kry en te verober nie.

Kontak iemand wat die Visrivier Canyon goed ken om te hoor, wat die beste slaapplekke is, en merk dit op 'n kaart wat jy saam neem, (VraVOSA bestuur)

Dra goedkoop lap kamaste wat oor jou skoene gaan om te verhoed dat sand in jou skoene beland en deur skuur aksies, blasé dalk veroorsaak.

Indien jy wel blasé/blare opdoen, steek 'n naald met gare, wat gesmeer is in anti septiese salf deur die blaas wande, ryg deur en knoop en los vir minstens 12 uur, om te dreineer. Plak ook 'n pleister bo-oor. Moenie die vel oopsny om water uit te laat nie, die gare sal die vog dreineer en verhoed dat die vel toegroei.

Die plastieksak van 'n enkelbed matras kan saam gedra word om te benut om jou slaapsak in te sit, ingeval van reën of as ekstra grondseil. Dit is lig en goedkoop – kos niks moet net in die hande gekry word – moenie die swaar plastiese "Survival Bag" saam dra, behalwe gedurende Mei maand wanneer jy dit dalk nodig kan kry as die rivier in vloed is.

 

5. Riglyne vir Spyskaart

 

Moenie ekstra kos saamdra nie, jy sal oorleef.

Spoel jou vis en sardientjie blikke uit, kap dit plat en neem saam na Ai-Ais.

Werk vir jou 'n spyskaart voor die tyd uit – tot op die naaste gram.

(Sien spyskaart opsies aan die einde)

 

6.Klere:

Dit word aanbeveel dat die nuwerwetse ligte, vinnig droog word klere gedra word, wat sommer saans uitgespoel kan word en oornag vinnig droog om weer te dra die volgende dag. Jy het dan sommer baie minder klere nodig om saam te dra.

Ligte kortmou katoen hemde is ook ideaal

Onthou om warm klere vir die koue nagte saam te neem. Daar is ook warm liggewig klere by stapwinkels beskikbaar.

Gebruik hakspelde om nat klere bo-op jou stapsak vas te maak, om so in die son en wind droog te word.

Moenie 'n hemp dra met 'n naat bo-op jou skouer nie, dit kan irriterend wees en pynigende skaaf plekke veroorsaak.

Random Image

800px_koala_ag1.jpg

Calendar / Kalender

February 2012
MonTueWedThuFriSatSun
12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
272829

Events